BEKERING (D1)


Terug na Tuisblad


Videos

Herbou Sy Huis - Module D1 (Deel 1)
 
Herbou Sy Huis - Module D1 (Deel 2)
 

Audio

Herbou Sy Huis - Module D1 (Deel 1 - audio)
 
Herbou Sy Huis - Module D1 (Deel 2 - audio)
 

Dokumente

Herbou Sy Huis - Module D1 - Bekering (A5 Boekie)
Herbou Sy Huis - Module D1 - Bekering (A5)
Bou die Super Struktuur - Pilaar 1: Bekering (D1)

BELEEF GOD

BOU DIE SUPER STRUKTUUR

PILAAR 1: BEKERING (D1)

A. INLEIDING TOT WARE BEKERING

Noudat ons weet dat Jesus Christus die enigste fondasie is waarop ons ons geestelike huis moet bou, ont-staan die vraag: Wat is die volgende fase in hierdie geestelike bouproses? In Heb. 6:1-3 vind ons 'n baie duidelike uiteensetting van wat ons volgende aksies behoort te wees: "Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking aangaande Christus nie, maar na die volmaaktheid voortgaan (karakter en volheid van Jesus) sonder om weer die fondament te lê van:

  1. Die bekering uit dooie werke
  2. Die geloof in God
  3. Die leer van die doop
  4. Die handoplegging
  5. Die opstanding van die dode
  6. Die ewige oordeel -

en dit sal ons doen as God dit toelaat." Hier vind ons die ses pilare (eerste boustene) wat dien as vertrekpunt van ons geloofslewe. Die skrywer van Hebreërs noem dit "...die begin van die prediking aan-

[Einde van Bladsy 2]

gaande Christus...", maar dan vermaan hy ons deur te sê dat ons nie mag stagneer by hierdie eerste bou-stene nie, "...maar na die volmaaktheid (moet) voortgaan..." tot die karakter en oorwinningswerk van Jesus Christus.

B. BEKERING - DIE ENIGSTE WEG TOT WARE GELOOF!

1. Wat is eerste - Geloof of Bekering?

Dwarsdeur die Nuwe Testament van die Bybel, vind ons sonder uitsondering, dat persoonlike bekering voor geloof voorkom. Vir baie gelowiges blyk dit 'n probleem te wees, aangesien die Bybel dit baie duidelik stel dat geen mens gered kan word deur werke nie, maar slegs deur 'n persoon se geloof in Jesus se versoeningswerk. Verder sê die Skrif ook dat dit onmoontlik is om God te behaag sonder geloof (Heb. 11:6). Die rede vir hierdie oënskynlike orde verandering is omdat ware geloof nooit kan of sal realiseer, as dit nie voorafgegaan word deur 'n persoonlike opregte bekering in die lewe van die individu nie. Bekering is die vertrekpunt tot ware geloof omdat dit letterlik beteken om 'n besluit te neem. Met die sondeval moes beide Adam en Eva eers 'n persoonlike keuse gemaak het voor hulle die sondedaad uitgevoer het. Net so moet ons ook eers 'n persoonlike keuse maak om die sondedaad wat mag oor ons bekom het, in Christus tot niet te maak. Alles wat ons doen berus eers by 'n persoonlike keuse.

[Einde van Bladsy 3]

2. Die Oproep tot Bekering lê aan die hartklop van die Evangelie

Die oproep tot bekering lê aan die hartklop van die evangelie. Die Nuwe Testament open met die boodskap dat alle mense hulle moet bekeer. In Mark. 1:3-4 vind ons dat Johannes die Doper sy volgelinge opdrag gee om hulle van hulle verkeerde weë te bekeer, ten einde die "Koninkryk van God" in besit te neem: "die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit! Johannes het gekom en was besig om in die woestyn te doop en die doop van bekering tot vergifnis van sondes te verkondig".

Uit hierdie oproep wat Johannes aan sy volgelinge maak, is dit baie duidelik dat 'n persoonlike bekering 'n kardinale rol speel in die voorbereidingsproses van elke persoon om die Messias persoonlik te ontmoet. Bekering is die vertrekpunt van Johannes se wegbereidingsboodskap, waarmee hy die WEG van die Here gelyk moes maak. In Joh. 1:35-37 lees ons hoe Jesus se eerste twee dissipels op Johannes se boodskap tot bekering reageer en 'n persoonlike besluit moes neem om Jesus te volg: "Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels; en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God! En die twee dissipels het hom dit hoor sê en (besluit om) Jesus gevolg.

[Einde van Bladsy 4]

Hierdie besluit was die vertrekpunt van hulle nuwe lewe saam met Christus. Ons sien hoe Jesus hulle later in Mark. 1:14-20 roep om Hom te volg nadat Hy presies dieselfde boodskap as Johannes die Doper aan hulle voorgehou het: "En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galiléa gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkon-dig en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; BEKEER¹ julle en GLO² die evangelie. En terwyl Hy langs die see van Galiléa loop, sien Hy Simon en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers. En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, (hulle moes besluit) en Ek sal maak dat julle vissers van mense word. En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg -(hulle het besluit). En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak. En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebedéüs met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg" - (net so moes hulle ook besluit). Die opdrag tot bekering was die heel eerste amptelike boodskap wat Johannes asook Jesus self aan die verlore wêreld verkondig het.

Let op die betekenis van die woorde: "Kom agter My aan." Die woord wat Jesus hier gebruik is "OPISO", wat by implikasie die posisie van Jesus se volgelinge ná hul persoonlike bekering aandui. "Opiso" beteken letterlik om in Jesus se voetspore te volg en om AGTER Hom aan te gaan. Let op die volgorde van gebeure in Jesus

[Einde van Bladsy 5]

se opdrag: Die mense moes hulle EERS bekeer om hulle geloof in die goeie nuus van Jesus se Koninkryksboodskap te aktiveer!

Na Jesus se kruisiging en opstanding uit die dood, gee Hy aan Sy dissipels die opdrag om dieselfde boodskap aan die verlore wêreld voor te hou: Luk. 24:46-47 - "En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder".

Die uitvoering van hierdie opdrag vind ons in Petrus se eerste amptelike preek, nadat hy en al die ander gelowiges in die bovertrek gevul was met die Heilige Gees: Hand 2:37-38 - "Toe hulle dit hoor, is hulle diep in die hart getref en het vir Petrus en die ander apostels gesê: Wat moet ons doen, broeders? En Petrus sê vir hulle: Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang" Hieruit leer ons dat Petrus en die ander Apostels onder die direkte leiding van die Heilige Gees die geïnspireerde boodskap van bekering en geloof verkondig. Op hierdie boodskap reageer drie-duisend mense nadat hulle besluit het om hulle lewe aan Jesus oor te gee.

Selfs Paulus volg presies dieselfde patroon/voorskrif in Hand. 20:20-21: "Hoe ek niks agtergehou het van wat nuttig is nie, om dit aan julle te verkondig en julle te onderrig in die openbaar en in julle huise, terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke

[Einde van Bladsy 6]

aangedring het op die bekering¹ tot God en die geloof² in onse Here Jesus Christus." Dit is baie duidelik uit die Woord van God dat Johannes, Jesus, die twaalf Apostels asook die dinamiese Apostel Paulus 'n persoonlike bekering as die vertrekpunt tot ware geloof in Christus verkondig het. Sonder enige uitsondering in die Nuwe Testament plaas die Bybel beke-ring as die eerste aksie wat die mens moet neem om deur Christus met God versoen te word.

Ware bekering moet altyd ware geloof voorafgaan. Sonder 'n persoonlike erkenning van ons sondige verlore toestand sal die beoefening van ons geloofslewe slegs 'n godsdienstige aksie wees. Dit is hoekom ons so dikwels vind dat die geloofslewe van so baie mense onstabiel, sonder diepte en geestelike vooruitgang is.

In baie kerke word hierdie beginsel verontagsaam omdat daar slegs gepreek word dat 'n persoon maar net kan glo om gered te word. Hierdie boodskap lei tot onbekeerde Christene wie se lewe onveranderd bly en nie onderskei kan word van die tipe lewe van wêreldse mense nie. Daar is weinig verskil in leefwyse tussen hulle en dié van die sondaars in die wêreld. Hulle praat dalk Christus, maar hulle lewe getuig nie van die verlossingskrag van Jesus e versoeningswerk nie. In Hand. 17:30-31 verklaar Paulus dat dit God self is wat aan alle mense sê dat hulle hul moet bekeer: "God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, omdat Hy 'n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur 'n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die

[Einde van Bladsy 7]

dode op te wek".

In Heb. 6:1 vind ons twee belangrike feite m.b.t. ons Christelike lewe: "o let us stop going over the basics of Christianity again and again. Let us go on instead and become mature in our understanding. Surely we don't need to start all over again with the importance of turning away from evil deeds and placing our faith in God (NLT). Die skrywer van Hebreërs maak die verklaring dat ons nie die hele tyd by die basiese boodskap van Christenskap moet bly nie, maar dat ons voort moet gaan tot geestelike volwassenheid. Dan noem hy die twee elementere Christelike beginsels:

  1. Draai weg van die ou sondige leefwyse deur bekering en
  2. Draai in geloof TERUG tot God vir jou oorwinnende lewe.

Die woorde: "evil deeds" dui op alle onbekeerde dade en dui selfs op die vleeslike godsdienstige werke waarmee ons dink ons gered kan word. In die lig hiervan roep die profeet Jesaja in Jes 64:6 uit: "We are all infected and impure with sin. When we proudly display our righteous deeds, we find they are but filthy rags. Like autumn leaves, we wither and fall. And our sins, like the wind, sweep us away (NLT). Werke sonder bekering en ware geloof in God, sal slegs werke wees wat bevlek is met sonde en ongeregtigheid.

[Einde van Bladsy 8]

Die eerste aksie van 'n sondaar is ware bekering omdat die Gees van God die mens trek en die PERSOON toelaat dat die Heilige Gees hom/haar sal lei tot die oortuiging van sonde, geregtigheid en oordeel: Joh. 16:8-11: "en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel: van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is." Ware bekering se oorsprong lê in die bewustheid van elkeen van ons se verlore toestand en die noodsaaklikheid van 'n Verlosser om ons te verlos. Mense wie reageer op die Heilige Gees se uitnodiging om Christus aan te neem as Verlosser, God en Koning en besluit om Hom te volg, kan nie bly by die begin van die prediking van die Evangelie nie, maar sal noodwendig voortgaan tot die volle grootte van 'n lewe saam met Jesus Christus.

C. BESEF, BESLUIT en DRAAI TERUG NA GOD

1. Wat kies jy, die seën of die vloek?

Deur al die eeue heen vind ons die geneigdheid van die mens om hulle rug op God te draai. Die effek van die sondeval van Adam en Eva is só groot dat dit almal na hulle asook die ganse wêreld gekontamineer het. In Rom. 5:12 verduidelik Paulus dat die sonde deur Adam in die wêreld "ingekom" het en dat dié sonde tot alle mense "deurgedring het" en so ook die hele skepping aan die nietigheid van die menslike swakhede onderwerp het (Rom. 8:20). Hierdie

[Einde van Bladsy 9]

"sonde-probleem" het só 'n impak op die wêreld gehad dat God in Gen. 6:6 sê dat Hy berou gehad het "...dat Hy die mens op aarde gemaak het." Vir die mens om terug te keer na God, is die konsep van bekering nodig.

In Hand. 17:30 staan geskryf dat "God die tye van onkunde oorgesien het, maar dat Hy NOU AAN AL DIE MENSE oral verkondig dat hulle hul moet bekeer." Jesus bevestig hierdie beginsel in Luk. 13:1-3: "En in dieselfde tyd was daar mense teenwoordig wat Hom berig gebring het van die Galiléërs wie se bloed Pilatus met hulle offers gemeng het. En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dink julle dat hierdie Galiléërs groter sondaars was as al die Galiléërs, omdat hulle sulke dinge gely het? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom." Let op verse 4 en 5: "of daardie agttien op wie die toring van Silóam geval en hulle gedood het—dink julle dat hulle meer skuldig was as al die mense wat in Jerusalem woon? Nee, sê Ek vir julle; maar as julle jul nie bekeer nie, sal julle almal net so omkom".

Met hierdie woorde van Jesus tref Hy geen onderskeid tussen groot en klein sonde nie, maar onderskryf Hy Ese. 18:4 wat sê: " Kyk, al die siele is myne; soos die siel van die vader, so die siel van die seun—hulle is myne; die siel wat sondig, dié moet sterwe." Verder maak Hy die verklaring dat die mens wat weier om te bekeer, sekerlik

[Einde van Bladsy 10]

a.g.v. hulle sonde sal sterwe. Die konsep van bekering kom reg deur die Bybel voor. In Deut. 30:1-3 verwys God terug na die lewe van die seën en die vloek wat Hy aan Israel in Deut. 28 voorgehou het. Dan sê Hy die volgende hieroor: "En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het, en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag be-veel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel, dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm..."

Uit Deut. 28 is dit duidelik dat die lewe twee kante het wat deur 'n persoonlike keuse bepaal word: Daar is die kant waar daar lewe en oorvloed is, maar dan is daar ook dié kant waar nederlaag en vervloeking heers. Die faktor wat die bestemming bepaal, is die persoonlike keuse van elke individu. Elke mens kies self aan watter kant van die muntstuk hy wil leef. Die "kop-kant" verklaar dat almal wat kies om na God te luister en BESLUIT om sy wil te doen, geseënd sal wees, terwyl die mens wat die "stert-kant" kies en aan God ongehoorsaam is, neem dus die BESLUIT om nie God se wil 'n prioriteit in hulle lewe te maak nie.

Met laasgenoemde kom die effek van die vervloeking in werking. God vergelyk die seën en die vloek met die twee kante van 'n

[Einde van Bladsy 11]

muntstuk, nl. die kop- en die stertkant:

  1. Die "KOPKANT" verwys na die "wenkant", m.a.w. die voorspoedige kant van die lewe, terwyl
  2. Die "STERTKANT" die “verloorkant” simboliseer en dui op die lewe se swaarkry.

Met hierdie voorbeeld in gedagte moet elke mens voortdurend sy/haar eie lewe in oënskou neem om vas te stel aan watter kant van die muntstuk jy funksioneer. Bekering kan vergelyk word met die 3de sy van die muntstuk. Indien die lewe sy "STERT-KANT" vir jou wys, is elke persoon self verantwoordelik om te besluit (bekering) of hy/sy LEWENSMUNTSTUK oor die 3de sy gaan OMDRAAI sodat die KOPKANT bo kan kom. Hierdie is 'n gehoorsaamheidstap waar ELKE PERSOON self moet kies of hy/sy hul lewe aan GOD se heerskappy gaan onderwerp.

Die beginsel hier van toepassing is: Elkeen moet self besluit om sy situasie te verander deur elkeen se eie wil aan God se wil te onderwerp! Hierdie besluit word BEKERING genoem en dui op 'n KEERPUNT/ TURNINGPOINT in jou lewe.

- Dit bring ons by 'n vraag: As Jesus en die res van die Bybel ons beveel om ons te bekeer, wat presies behels dit?

[Einde van Bladsy 12]

a. Bekering is 'n Wilsbesluit

Ware bekering is nie gegrond op 'n emosionele ervaring nie, alhoewel dit gewoonlik gepaart gaan met 'n tasbare emosionle belewenis wat ervaar sal word a.g.v. 'n diep persoonlike verootmoediging en die bewustheid van sonde wat verwydering bring tussen God en mens. Trane van verootmoediging asook trane van blydskap kan die bekeringservaring vergesel, omdat die persoon tot die oortuiging gekom het om self sy/haar lewe af te lê voor God.

Die Bybel bestaan uit twee dele nl. die Ou Testament en die Nuwe Testament. Die Ou Testament is geskryf in Hebreeus terwyl die Nuwe Testament in Grieks geskryf is en aangesien die woord "bekering" 112 keer verspreid voorkom in die Ou- en Nuwe Testament, moet ons die betekenis van die woord in albei tale ondersoek.

b. Die Betekenis van Bekering in die Ou- en Nuwe Testament

Bekering in die Ou Testament behels die gedagte van 'n 180º omkeer. Die woord beteken letterlik: "To turn around", terwyl die Griekse betekenis 'n "verandering van gedagtes" of die verandering van 'n persoon se denke impliseer. Met laasgenoemde word letterlik bedoel: "To change the way of thinking." By implikasie beteken dit dat bekering:

  1. Die verandering van ons gedagtes behels, asook-
  2. 'n Rigting verandering op ons lewenspad.
[Einde van Bladsy 13]

Die persoon kom dus tot die besef dat sy lewe sonder God die rede is waarom hy leeg en betekenisloos voel en dat hy op 'n doellose pad na die dood is. Hy neem 'n doelbewuste besluit om na God terug te draai en van God se uitnodiging in Jes. 1:18 gebruik te maak: "Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol”.

In Matt. 11:28 maak Jesus 'n soortgelyke uitnodiging: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. Ware rus is slegs te vinde in 'n persoonlike verhouding met God. Die oomblik wanneer 'n persoon besef dat sy sonde skeiding bring tussen hom en God, bekeer hy homself deur 'n wilsbesluit te neem om na God terug te draai en weg te draai van sy vorige doellose lewe. Hierdie proses word bekering genoem.

In Heb. 6:1-2 is bekering die vertrekpunt van die Christelike proses om te groei "na die volmaaktheid" wat Jesus vir ons gemodelleer het. Geestelike volwassenheid se vertrekpunt is 'n persoonlike bekering uit die "dooie werke" van die vlees. Mense wat nie hulle geestelike reis afskop met 'n opregte bekering en belydenis van sonde nie, sal sukkel met hulle persoonlike geestelike groei. Hulle is dalk bewus van die feit dat hulle gedrag, woorde en optrede moet verander, maar omdat hulle bly voortgaan in hulle ou weë, vind daar geen verandering in die"geestes-mens" plaas nie.

[Einde van Bladsy 14]

Jak. 1:8 verklaar: "'n Dubbelhartige man is onbestendig in al sy weë." Mense wie hulle op 'n half-hartige wyse tot God bekeer, sal soos 'n onbestendige golf van die see deur die winde van die lewe meegesleur word. Soos die wind die rigting van 'n golf beïnvloed, so sal die stryd van die lewe die rigting van 'n dubbelhartige mens beïnvloed. Evalueer jouself en kyk of jy jouself deur bekering ten volle aan God se wil en weë onderwerp het!

Ons vind die hele konsep van bekering mooi uitteengesit in Luk. 15:11-24. In hierdie verhaal verwys Jesus na 'n man wat twee seuns gehad het: "Hy het ook gesê: 'n Man het twee seuns gehad. En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel. En nie baie dae daarna nie het die jongste seun alles bymekaargemaak en weggereis na 'n ver land. En daar het hy sy eiendom verkwis deur losbandig te lewe. En toe hy alles deurgebring het, kom daar 'n swaar hongersnood in daardie land, en hy het begin gebrek ly. Toe het hy hom by een van die burgers van daardie land gaan voeg. En dié het hom in sy veld ge-stuur om varke op te pas. En hy het verlang om sy maag te vul met die peule wat die varke eet, en niemand het dit aan hom gegee nie. Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger! Ek sal opstaan en na my vader gaan, en ek sal vir hom sê: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u, en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie; maak my soos een van u huurlinge.

[Einde van Bladsy 15]

En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen. En die seun sê vir hom: Vader, ek het gesondig teen die hemel en voor u en ek is nie meer werd om u seun genoem te word nie. Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee 'n ring vir sy hand en skoene vir sy voete. En bring die vetgemaakte kalf en slag dit, en laat ons eet en vrolik wees. Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word".

Wat leer ons uit hierdie gelykenis? Hier is 'n jong man wat die voorspoed van sy vader se huis geniet, maar deur 'n verkeerde vleeslike besluit draai die lewe onverwags die "stert-kant" na hom omdat hy sy rug op sy vader draai. Hy trek weg uit die land van sy bestemming en erfenis. Let op die feit dat dit 'n vooraf deurdagte besluit was, wat gedryf was deur 'n verkeerde motief in sy hart. Hy verval in die nietighede van die wêreldse plesier en omdat sy waardes wêrelds word, word hy vinnig omring met verkeerde vriende wat ook self met verkeerde motiewe in hul harte sit. Die jong man word gedryf deur vleeslike begeertes en die verleiding van die wêreld en so verval hy in sonde en raak al verder verwyderd van sy vader en die mense wie regtig vir hom omgee.

с. Wat is die effek van sy sinnelose besluit?

[Einde van Bladsy 16]
  1. 'n Geestelike droogte tref hom onverwags.
  2. Hy verloor sy oorvloedige geseënde lewe wat hy in sy vader se huis gehad het.
  3. Sy wêreldse vriende verlaat hom en draai hulle rug op hom nadat hulle hom gebruik het.
  4. Hy word 'n slaaf in 'n vreemde land.
  5. Hy word verplig om dinge te doen wat teen sy persoonlike geloofsoortuiging gaan.
  6. Hy word 'n vark-oppasser in die oop veld waar hy 'n oop teiken is vir aanvalle van diewe en wilde diere.
  7. Niemand reik uit na hom nie!

Dan gebeur daar iets belangrik in sy lewe! Vers 17 sê: "Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!" Hier vind ons 'n keerpunt/draaipunt in sy lewe. Hy kom tot 'n oomblik van waarheid, waar hy besef en erken dat sy lewe onvervuld en in chaos is; dat hy 'n fout gemaak het en teen sy vader gesondig het. Hy raak bewus dat hy skielik die "stert" is en nie meer die "kop" is nie en dat dit alles begin het toe hy sy rug op sy vader dedraai het. HY KOM LETTERLIK TOT BEKERING EN SELFERKENNING DAT HY VERKEERD WAS IN DIE BESLUIT WAT HY GENEEM HET.

[Einde van Bladsy 17]

Dit is baie duidelik dat hy tot 'n gedagteverandering kom wat die rigting van sy denke en optrede beïnvloed en hy neem weereens 'n doelbewuste besluit om na sy vader terug te keer.

Geen permanente verandering in ons lewe sal plaasvind solank as wat ons in ontkenning en trotsheid bly voortgaan nie. Só sien ons hoe die eerste beginsel tot die restourasie van sy lewe inskop: Vers 18: "En hy het by homself gesê: Ek sal opstaan en na my vader gaan en ek sal vir hom sê: Vader ek het gesondig voor die hemel (voor God) en voor U." Ons vind hier hoe hy self die kwaliteit-besluit neem om die "muntstuk van sy lewe" om te draai sodat die "KOP-KANT" bo kan kom en hy nie meer onderworpe is aan die stert-kant van die lewe nie. In ander woorde gestel: Hy besluit om beheer van sy lewe te neem deur te erken dat hy 'n fout gemaak het in sy selfsugtige besluit.

Dan neem hy 'n doelbewuste aksie - Hy DRAAI OM vanuit die posisie waar hy sy rug op sy vader gedraai het en besluit om 'n 180° omkeer te maak en terug te gaan na sy vader. En hier sien ons 'n man met 'n ander gesindheid:

  1. Hy gaan om te bely.
  2. Hy is vasberade om voor God en sy vader omverskoning te gaan vra vir sy verkeerde weë.
  3. Hy verneder homself en is bereid om selfs 'n diensknegposisie in sy vader se huis in te neem.
[Einde van Bladsy 18]

Vers 20 sê: "En hy het OPGESTAAN en na sy vader gegeaan." Hierdie jong man bly nie net by sy besluit nie, hy neem 'n doelbewuste aksie om sy lewe te herstel en terug te keer na die huis van sy vader. "He changed his mind" = "BEKERING"; staan op uit sy nederlaag-posisie en keer terug na sy vader.

Let op die vader se reaksie: Vers 20(b) - "en toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen." Watter groot God dien ons nie! Hy kyk elke dag om te sien of daar nie 'n verlore seun of dogter is wat besef het dat hulle nie sonder Hom kan lewe nie en dan omdraai om na Hom terug te keer, terwyl hulle hul sonde voor Hom bely. Let op die vader se reaksie: "En toe sy vader hom sien, het hy innig jammer vir hom gevoel en na hom gehardloop en hom omhels en hom hartlik gesoen." By God is daar geen veroordeling teenoor 'n persoon wat hom bekeer nie.

Hy staan met oop arms om so 'n mens te ontvang en sy lewe in totaliteit te herstel. Die seun wou nog sy rympie opsê waarin hy homself tot dienskneg wil verklaar, maar sy vader gee hom geen geleentheid hierin nie; net so, omdat God se vergifnis onvoorwaardelik is. Die vader herstel die seun se posisie as 'sy seun' ten volle, deur vir hom 'n nuwe kleed, skoene en 'n ring te gee en te reël dat die hele familie saam feesvier vir die terugkeer van die geliefde kind.

[Einde van Bladsy 19]

Ten spyte van die kind se verkeerde besluite en persoonlike afvalligheid, het die vader begrip en openbaar hy 'n gesindheid van volkome vergifnis en herstel hy die seun se verhouding met hom deur 'n onvoorwaardelike liefde. By die seun was daar die oortuiging van sonde, maar hy vind geen veroordeling van God se kant af nie. "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy Eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wie in hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe kan beêrwe." (Joh. 3:16) God kyk uit vir jou! Neem die besluit om terug te keer en staan op en gaan na God terwyl jy jou sonde voor Hom erken en bely, dan sal jy gered word en sal GELOOF (die tweede pilaar van ons Christelike geloof) in jou hart wortel skiet.

Besef, Besluit, Staan Op en keer terug na God!

d. Waarom moet ek my bekeer?

Noudat ons die Krag van God se Koninkryk leer ken het, word ons voor die keuse gestel of ons gaan toelaat dat God deur ons regeer. In Joh. 1:12 staan geskryf: "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word." Om 'n Kind van God te wees, is vir alle mense beskore maar nie almal sal hierdie uitnodiging van God aanneem nie. Vir die wat die uitnodiging deur geloof aanvaar, is daar drie belangrike vereistes om toe te tree tot God se Koninkryk.

[Einde van Bladsy 20]
  1. Bekering (Mark. 1:15)
  2. Wedergeboorte (Joh. 3:3)
  3. Heiligmaking/vernuwing van gedagtes (Heb. 12:14)

'n Ware bekering is die vertrekpunt van ons geloofslewe. Enige reis word altyd voorafgegaan deur sekere besluite en het altyd 'n vertrekpunt en 'n eindbestemming. Net so begin die reis van ons ewige lewe ook met 'n besluit. In die Ou Testamentiese tyd word twee groeperinge van mense beskryf:

  1. Israel wat die volk was wat God vir Homself uitverkies het.
  2. Alle ander nasies wie ook bekend gestaan het as die heidense nasies.

Israel was die volk van God wat veronderstel was om naby God te leef, terwyl die Heidene God nie geken het nie en dus vêr van God af geleef het. So vind ons dat Paulus aan die mense van Éfese die volgende skryf in Efe. 2:17-18: "En Hy het die Evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat VER was en aan die wat NABY was; want deur Hom (Jesus) het ons albei die TOEGANG deur een Gees tot die Vader." Met hierdie woorde sien ons dat Godsdienstigheid op sigself nie die mens kan red nie. Paulus sê in hierdie skrif dat beide die Jode (die wat naby was) sowel as die Heidene (die wat ver was) "IETS" kortkom om TOEGANG tot God te

[Einde van Bladsy 21]

verkry. En dít wat albei (die godsdienstige Jode, sowel as die nie-godsdienstige Heidene) nodig gehad het om TOEGANG tot God se teenwoordigheid te verkry, is die EVANGELIE VAN VREDE.

Slegs die Goeie Boodskap van Jesus open die WEG tot God vir alle mense. Die feit dat die evangelie van Jesus ons toegang tot God herstel, beteken dat die mens se toegang tot God deur "iets" verhinder was.

e. Die mens se probleem:

In Jes. 59:2 staan geskrywe: "Maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat HY nie hoor nie." Hier sien ons dat dit die sonde van die mens is wat ons toegang tot God geblokkeer het. In Rom. 3:11-12 sê Paulus: "Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie. Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie." Met hierdie woorde beskryf God die karakter en die natuur van die mens ná die sondeval. Wat ons egter moet verstaan, is dat die mens nie altyd hierdie karakter gehad het nie. In Gen. 1:26-27 staan geskryf dat God die mens geskape het na Sy Beeld en Karakter.

  • - Beeld = Image = A representative figure
  • - Gelykenis = Likeness = Ooreenkomstigheid; model; ewebeeld
[Einde van Bladsy 22]

Dit beteken dat die eerste mens, net soos God, sondeloos, heilig en geregverdig was.

God skep die mens met die spesifieke doel om Sy onsigbare hemelse Koninkryk op aarde te vestig en in Mal. 2:15 sien ons dat Hy op die mens besluit om hierdie doel te vervul (Gen. 1:26). God wou vir Homself 'n geslag verkry waardeur Hy Sy wil op aarde kon laat geskied: "Het Hy dan nie een mens gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het 'n geslag van God gesoek..." (Mal. 2:15). Lees ook Hand. 17:28. God skep vir Homself 'n geslag wat letterlik beteken dat God "Seuns en dogters" daarstel met wie Hy daagliks in 'n verhouding kan staan. Reg van die begin van die skepping af sien ons hoe God elke dag tyd maak om met hierdie geslag te kommunikeer (Gen. 3:8-9).

God plaas Adam en Eva in die tuin van Eden sodat hulle oor Sy skepping kon heers. Hulle moes alles wat op die aarde was - behalwe ander mense - aan God se wil onderwerp. God het alles op die aarde onder die mens se beheer en heerskappy geplaas. Onder God se direkte toesig, het die mens die hoogste gesag op aarde gehad. Dit is opvallend dat Ese. 28:12b-16a verklaar: "...Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid. Jy was IN EDEN, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking... Jy was 'n gerub met uitgespreide vlerke wat beskut

[Einde van Bladsy 23]

en Ek het jou gestel op 'n heilige berg; 'n god was jy... Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig...".

Verskeie Bybelkommentare is dit eens dat hierdie gedeelte na die val van Satan verwys, nadat hy homself bo God wou verhef. In vers 13 vind ons hom in die tuin van Eden, dieselfde plek waar Adam en Eva deur God geplaas was. Satan het geen reg tot enige heerskappy op aarde gehad nie. Die enigste wettige outoriteit wat God self op aarde geplaas het, was Adam en Eva. En vanweë die trotse natuur van Satan het hy begeer om hierdie gesag tot heerskappy te bekom. Daarom het hy die mens versoek en hulle met sy leuens mislei. Lees ook Jes. 14: 12-14 en Luk. 10:18.

Die feit dat Adam na Satan luister, stel hom in 'n ondergeskikte gesagsposisie wat hom sy domein (plek waar hy moes regeer) kos. Adam verloor sy gesag as heerser oor die aarde toe hy die keuse uitoefen om aan Satan meer gehoorsaam te wees as aan God. Sy keuse het sy bestemming bepaal! Hy verloor nie net sy posisie as heerser oor die aarde nie, maar hy verloor sy ewige lewe asook sy intieme verhouding met sy hemelse Vader.

So het die sonde van Adam tot alle mense deurgedring. Paulus sê in Rom. 5:12: "Daarom, soos deur een mens die sonde in die wêreld

[Einde van Bladsy 24]

ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het." Adam verloor nie net sy gesag nie, maar hy onderwerp die hele aarde aan 'n nuwe heerser. Lees Rom.8:20-21. En daarom sê God in Rom. 3:23: "Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God". Hieruit is dit duidelik dat die sonde wat deur ongehoorsaamheid by Adam begin het, ons beroof het van die heerlikheid van God waarin ons geskape was.

Na die sondeval dryf God die mens uit Sy teenwoordigheid en uit die tuin van Eden. Hierdie verwydering tussen God en die mens laat die mens met die grootste leemte van sy lewe. Van toe af het die mens na plaasvervangers begin soek om sy betekenisvolheid te herwin - soos wêreldse ambisie, afgodsaanbidding, verdienste, goeie werke en wêreldse rykdom. Vandag is Satan se taktiek steeds dieselfde. Hy tas God se Woord daagliks aan in vrees dat die mens sal terugkeer na God en deur die bloed van Jesus Christus weer die gesag sal ontvang om oor hom te heers. Adam se besluit of keuse het hom sy Goddelike bestemming gekos asook sy daaglikse ontmoetings met God.

f. Die Oplossing:

God se liefde bly onveranderlik. In Sy voorkennis het hy reeds voorsiening gemaak; Joh. 3:16 sê: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.”

[Einde van Bladsy 25]

Deur die kruisdood oorwin Jesus Christus die duiwel wat wederregtelik die heerser oor die aarde geword het. Hy doen dit deur die gestalte van ’n mens aan te neem om dit wat Satan by die mens geroof het, terug te kry (Lees Joh. 3:16 - Eniggebore Seun). So ontbind Hy die mag van die dood deur die opstanding van die dode en OPEN HY OPNUUT DIE GESLOTE TOEGANG tot die teenwoordigheid van God. Deur Sy bloed herstel Hy die gebroke verhouding, en gee Hy deur genade aan elke mens wat wil, weer die geleentheid om in God se direkte teenwoordigheid te leef. Jesus maak dit moontlik dat God weer die Koning van ons lewens kan word.

In Christus HERSTEL God ons OPDRAG en ontvang ons in Jesus se Naam weer die outoriteit om te heers oor die werke van Sy hande. Maar soos Adam besluit het, soos Adam ‘n keuse gehad het, het elkeen van ons weer vandag ‘n keuse en moet ons 'n besluit neem.

g. Die Betekenis van Bekering:

Die woord bekering beteken: Om jou gedagte te verander. Omdat die sonde aanvanklik in die gedagte van die mens gebore is, moet dit weer in die gedagte herstel word. Daarom vind ons dat die eerste boodskap van Johannes die Doper, van Christus asook die Apostels, begin met die woorde, “ Bekeer julle......” Met ander woorde, die vertrekpunt van ons nuwe lewe is by die verandering van ons gedagtes waar ons

[Einde van Bladsy 26]

tot sondebesef kom soos die verlore seun. Elke mens kom dus op die een of ander stadium van sy lewe voor die keuse waar hy opnuut kan kies of hy God die Koning van sy lewe wil maak, en of hy self as koning oor sy eie lewe wil regeer.

[Einde van Bladsy 27]

Terug na Tuisblad